Erediens - 26 Junie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se Inrydiens om 09:30 op die terrein van die kerk.
Ds. Basie Fourie sal ons met die Evangelie bedien.
Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit:

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30
Geen Kobus Hattinghsaal diens vir Julie en Augustus nie.
(Dit is 'n Kerkraadsbesluit na aanleiding van die skerp toename in Covid-gevalle in ons gemeente)

3 Julie
KERKDIENS om 09:30

10 Julie:
INRYDIENS om 09:30

17 Julie:
KERKDIENS om 09:30

24 Julie:
INRYDIENS om 09:30

31 Julie
KERKDIENS om 9:30

COVID en OUTENIQUALAND
817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla gisteraand die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer.
Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattingh saal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die lig van die toenemende COVID gevalle in ons gemeente. Die eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal op 11 September 2022 hervat word. Die Kerkraad doen 'n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag te neem. Outeniqualanders gee juis om vir mekaar en ook mekaar se gesondheid.

DEUROFFER: RAMOT
Ramot is 'n behandelingsentrum vir alkohol- en ander middel afhanklikheid en bestaan reeds vir 56 jaar.
Gedurende hierdie tyd het meer as 200 000 mense met ‘n afhanklikheidsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Afhanklikheid (verslawing) beteken om oorgegee te wees aan 'n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Die persoon het geen hoop nie, en voel om
verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Families is skaam vir die persoon en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die afhanklike. Elke pasiënt ontvang intensiew e persoonlike aandag. Die kerk kan trots wees op Ramot. Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help teen bekostigbare pryse. Ramot se leuse is dan ook: “ 'n Nuwe lewe, 'n Nuwe begin”.
021-939 2033 | admin@ramot.co.za | https://www.ramot.org.za
 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023