OUTENIQUALAND GAAN KONSERT HOU! (2 SEPTEMBER 2022)

Dit gaan 'n heerlike Sop, Sjerrie en Konsert aand wees!
Hierdie keer wil ons soveel moontlik talent vanuit ons gemeente en omgewing is betrek. Die konsert sal bestaan uit 'n klomp kort items van 1 minuut tot nie meer as 15 minute.
Amper soos destyds se landsdienskampe of skoolverlaters- kampe se konserte. Ons wil bybelstudiegroepe, stoep- groepe, braai-groepe, vriende-groepe, straat-groepe, belange-groepe, stap-groepe, afval-groepe, gesinne of enkel persone uitnooi om deel te neem aan ons konsert. Dit kan in die vorm van 'n komiese skets, gedig, musiek-item, lip-sinc item, kort stoep-kuier item of enige ander tipe item waaraan ons kreatiewe Outenqiualanders kan dink, wees. Kom meld so gou moontlik aan by Merinda by die kerkkantoor of kontak haar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023