Pinksterafsluiting & Nagmaal - 05 Junie 2022

 

Ons nooi jou uit na Sondag se Nogmaalsdiens om 09:30 in die kerk.
Die brood en wyn sal by die voordeur beskikbaar wees.
As gevolg hiervan vra ons almal om asseblief by die voordeur in te kom.

Daar sal geen koffie onder die skadunet wees nie maar ons gaan almal heerlik saam eet by die Nagmaalsete.
Almal word hartlik uitgenooi na die Nagmaalsete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal. Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Bring ook asseblief jou eie eetgerei en drankies saam.
Aan die dames wat die tafels vir ons so mooi versier, 'n opregte dankie!


Die eredienste vir Junie sien soos volg daaruit:

5 Junie:
KERKDIENS om 09:30
Nagmaal & Nagmaalsete

12 Junie:
Kobus Hattinghsaal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30


DEUROFFER: ARBEIDSBEDIENING SINODAAL

Arbeidsbediening is 'n diensarm van Christelike kerke wat alle mense in die werksplek landswyd ondersteun – hulle werk dus AANVULLEND tot gemeentebediening en verteenwoordig nie die voorkeure of styl van een spesifieke denominasie nie. Hulle verteenwoordig die hele kerk van Christus en is gerig op die geestelike versorging van mense in hul plekke van werk. Christen-gelowiges word ondersteun en 'n vriendskapsevangelisasie word gevolg deur mense te bereik wat nog nooit van die Here gehoor het nie.
Arbeidsbediening se holistiese benadering beteken ook dat hulle mense pastoraal bystaan wat onreg beleef, sukkel om verhoudings te laat versoen of wat hul werk verloor het. Om te verseker dat die bediening relevant bly, word sake soos werksetiek aangespreek,toerustingsgeleenthede aangebied en nuwe bemagtigingsprojekte aangepak. U kan ook kyk na die video oor hulle werk by https://bit.ly/3cPmQVc

Carin Brink 083 651 9515 | cbrink@kaapkerk.co.za | webwerf: http://imsacape.christians.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023