2022-07-24 - 2022-07-30 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ons land, waar 'n kultuur van geweld, moord en misdaad besig is om hand uit te ruk. Ons bid dat U die geweldenaars sal aanraak en die wetstoepassers sal toerus en beskerm om met gesag te kan optree.
  2. Die Nasionale dag vir blindes: Vader ons bid saam met gelowiges vir hierdie mense se geestelike en finansiële versorging.
  3. Helpende Hand (Deuroffer). Mag U seën op die organisasie rus en ons as gemeente hulle ondersteun.
  4. Ons Leiers (Dr Braam Hanekom Die Burger 20 Julie). "Ons bid vir ware dienende leiers wat eie belang agterweë laat"


DANKIE VIR:

  • Die doop: Die sakrament, waarmee ons die versekering kry dat ons aan U behoort. 2 Kor 5:17. "Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens."

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023