Erediens - 24 Julie 2022

 

Ons nooi jou uit na Sondag se inrydiens om 09:30 op die kerkterrein.
Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.
Ons verwelkom ds De Mist van Zyl van die VGK Hoekwil op ons kansel.
Ds Jan, kerkraad en Diensgroep vir Getuienis woon die erediens by die VGK Friemersheim by.
Daarna is daar 'n verkennende gesprek met hulle kerkraad waarna daar heerlik saam geëet gaan word.


DEUROFFER: HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmatig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne 'n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.
Ons is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waar die fokus val op help, saam en ons. Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings van die dag aan te spreek moet 'n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.
Tel: (+27) 12 111 8360 | E-pos: diens@helpendehand.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023