Erediens - 3 Julie 2022

 Ons nooi jou uit na Sondag se kerkdiens om 09:30 in die kerk.
Ds. Ferdie Gouws sal ons met die Boodskap bedien.
Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit:

3 Julie
KERKDIENS om 09:30

10 Julie:
INRYDIENS om 09:30

17 Julie:
KERKDIENS om 09:30

24 Julie:
INRYDIENS om 09:30

31 Julie
KERKDIENS om 9:30


COVID en OUTENIQUALAND

817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla verlede week die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer.
Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattinghsaal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die lig van die toenemende COVID gevalle in ons gemeente. Die eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal hervat word op 11 September 2022.
Die Kerkraad doen ‘n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag te neem. Outeniqualanders gee juis om vir mekaar en ook mekaar se gesondheid.


DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

(Diepkloof kleuterskool is gestig deur Outeniqualand gemeente op die Sinksabrug terrein en word bestuur deur Outeniqualanders wat hulle tyd en kennis gee vir die opheffing van die kindertjies in ons omgewing)
Diepkloof Kleuterskool vier hierdie jaar hul 21ste verjaarsdag! Ons het al ver gevorder van al die kinders saam in die kerksaal met gemeentelede wat kinders aangery en kos voorsien het, tot die 4 kleurvolle klaskamer vir 65 kinders tussen 3 en 6 jaar, met 4 opgeleide onderwyseresse en 'n skoonmaker/kok en ons eie 2 Kia bakkies waarmee die kinders gratis vervoer word. Die kinders kry daagliks ontbyt, 'n broodjie en melk mid-oggend en ‘n gebalanseerde middagete.
Ons koop die kos by Diakonos, 'n NGO wat op groot skaal vir ander kleuterskole in George en omgewing ook kos verskaf, om aankope te vergemaklik, kostes te besnoei en uitgewerkte, gebalanseerde etes te voorsien.
Ons grootste uitgawe bly die salarisse van ons toegewyde personeel, waarsonder die skool nie kan klaarkom nie. Die toegelate staatsubsidie dek net sowat 20% van die maandelikse uitgawes aan salarisse. Ons wil graag 'n beroep doen op gemeentelede om maandeliks 'n bedrag van u keuse te skenk wat gebruik word vir die salarisse. Noleen, ons skoolhoof, is hierdie jaar 21 jaar in ons diens, Joslyn 19 jaar en Millie al 16 jaar – dus voorwaar staatmakers!
'n Groot dankie diep uit ons harte vir elke gemeentelid se belangstelling, gebede en fisiese en finansiële bydra. Daardeur stel dit ons in staat om die kinders in ons sorg die geleentheid te bied om te ontwikkel en uit te styg om eendag hul plek vol te staan in die samelewing!
Kontak gerusvir Bernice vir enige verdere inligting.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023