2022-08-07 - 2022-08-13 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Degnos (Boesmans): Ons bid dat U hulle wat met die geestelike opheffing van die groepie mense, met wie ons gemeente ook 'n besondere band het, sal toerus vir die besondere taak dat ons as gemeente hulle finansieël sal ondersteun. (Deuroffer)
  2. Ons 40 Dae-reis. Dat ons gemeente sal inskakel in hierdie reis en dat dit ons nader aan U en mekaar sal bring.
  3. Ons pragtige land. Misdaar gepaard met ongekende wreedheid is besig om ons bevolking tot stilstand te ruk. Vader ons kan maar net op U vertrou om die misdadigers se harte aan te raak en dat U, U kinders teen die wreedheid sal beskerm.


DANKIE:

  • Dat U ons as gelowiges toerus om U volkome te vertrou en te volg. 2 Tim. 3:17 “...sodat die wat in die diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”
  • Die Vroue in ons lewens; Die Ma's, dogters, klein- dogters en skoondogters. Vader help ons om hulle met liefde, deernis en respek te behandel. (Vroue-maand)


Ons is bly en opgewonde saam met

  • Johan en Poenie Langeveld met die geboorte van hulle kleindogter Klara.
  • Stefan en Telana Marx met die geboorte van SJ.

Ons is saam met julle opgewonde oor die geskenk uit die Here se hand.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023