2022-08-21 - 2022-08-27 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Vir finansiële ondersteuning en dat die Woord steeds die sentrale plek sal inneem in die opleiding van Teoloë.
  2. Degnos-uitreik na die Boesmans. Ons bid vir ons gemeentelede wat aan die uitreik deelneem se gesondheid en veiligheid, maar ook vir die evangelisasie werk wat onder die Boesmans gedoen word.
  3. Ons gemeente se reis van 40 dae. Vader ons is reeds 'n week op reis. Dankie dat ons deel van die reis kan wees en dat ons bewus is van U Gees wat ons lei.
  4. Die staking van Staatsamptenare: Ons bid dat U ons land en die Ekonomie sal beskerm teen onredelike eise en dat leiers met insig na die totale prentjie sal kyk.


DANKIE:

  • U, wat ons toerus om in U diens te staan.
  • Al die goeie gawes wat ons daagliks onverdiend uit U Vaderhand ontvang. Jak. 1:17 “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023