Erediens - 07 Augustus 2022


 

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
'n Klompie lidmate onder leiding van Barry Robertson vertrek Saterdag 13 Augustus na DEGNOS, die bediening onder die Boesmans in Noord-Namibië.
Ons stuur Sondag met die gebede en seën van Outeniqualand-gemeente, die klompie lidmate uit as ons gestuurdes na DEGNOS.
Ons bedien na die tyd koffie/tee by die voordeur van die kerk.


DEUROFFER: DEGNOS (BOESMANS)

Aangeheg is die Degnos Nuusbrief.
Onder andere kan jy lees oor:

  • hulle Fokus areas vir 2022
  • 'n interessante kaart van hulle bedieningsareas
  • die 170 studente wat hulle oplei
  • gemeentes wat hulle besig is om te ontwikkel
  • waarvoor jy vir hulle kan bid

Doen gerus die moeite en lees dit, daar is baie interessante inligting.
Andries Gous | +264813612480 | gousandries74@gmail.com | Kantoor ngtsumke@iway.na


DEGNOS UITREIK

'n Klompie van ons lidmate gaan DEGNOS, die bediening onder die Boesmans, in Namibië besoek en vertrek Saterdag 13 Augustus. Indien daar lidmate is wat wil bydrae tot die uitreik, is hulle welkom om die volgende items by die kerkkantoor te los as skenkings:
Klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers. Ons gaan tydens die erediens op So 7 Augustus hierdie lidmate uitstuur as hulle namens ons die sendelinge by DEGNOS gaan besoek.


OPWINDENDE TYE IN OUTENIQUALAND

Ons berei voor vir ons 40 dae reis van roeping. Jy sal tot 14 Augustus tyd hê om te registreer wanneer die 40 dae amptelik begin. Skakel met Merinda as jy deel wil word hiervan. Jy sal die pamflet met 40 teksgedeeltes tesame met die gebedsgids daarop ontvang om te gebruik tydens ons 40 dae se reis. Die skakel na die video wat by die kuiergroepe gebruik gaan word, sal elke week op die gemeentegroep geplaas word.
Die derde woord van ons visie is AANGEE. Die reis van 40 dae gaan juis oor die vraag: Wie is jy? en Waarheen is jy op pad? Ons wil AANGEE waarmee God ons geseën het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023