Erediens - 21 Augustus 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons gaan die 2de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Nehemia se ontsteltenis gaan oor tot aksie.
Ons teks kom uit Nehemia 1.
Ons bedien heerlike koffie/tee na die erediens. Kom kuier saam.


TEOLOGIESE KWEEKSKOOL (Sinodaal)

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers.
Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.
Me Amanda van Niekerk | 021 887 6819 | toerusting@sun.co.za


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind gaan vir die duur van die 40 Dae reis nie plaasvind nie, sodat die lede kans kry om by kleingroepe in te skakel. Kontak gerus vir Pieter Landman vir die Mansbybelstudie en vir Elsa du Toit vir die Damesbybelstudie.

It’s not what we do that motivates God’s Love for us,
but rather it’s God’s love for us that motivates what we do!

 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023