OUTENIQUALAND GAAN KONSERT HOU!

(2 September 2022 om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal)
Dit gaan 'n heerlike LENTE-konsert wees met sop en sjerrie!
Baie dankie vir almal wat kom aanmeld het vir die konsert.
Daar word nou flink geoefen aan die konsert. Dit beloof om baie vermaaklik en interessant te wees. En soos almal weet, is Outeniqualand se dames alom bekend vir hulle lekker sop en vetkoek.
Die kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar @ R50 p/p.

Kan iemand ons dalk help met kruisbande en 'n pyp vir een van die items?

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023