PELGRIMSTOG VAN HOOP MET ERNS GRUNDLING OUTENIQUALAND

KYKNET – Maandae om 20:00 (DSTV kanaal 144)


Outeniqualand gemeente is betrokke by die Pelgrimstog van Hoop deur die Klein-Karoo, Langkloof en Tuinroete. Ons is verantwoordelik vir die “Laat-ontbyt” of “Brunch” op die 12de dag. Ons het ‘n paar spanne wat beurte maak om die pelgrims te verwelkom met swartbessie smoothies en heerlike vetkoeke wat Annelie Botha vir ons maak. Gasvryheid is juis een van Outeniqualand se kenmerkende eienskappe.
Vir die vyfde seisoen van die SAFTA-bekroonde Elders, het Erns Grundling en die kameraspan meer as 270 km gestap van Uniondale tot Mosselbaai.
Elders: Tuinroete, 'n reeks van 13 episodes, Maandae om 20:00 af op kykNET.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023