Erediens - 11 September 2022


 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons gaan die 5de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Vrae en twyfel is deel van die pad!
Ons teks kom uit Matteus 11.
Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie.



DEUROFFER: PREDIKANTEBEGELEIDING (Sinodaal)

Dominees skryf agter hulle naam VDM – Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troosters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor u en sê: “So sê die Here.”
Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebege-leiding, lewer ons Sinode ‘n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en persoonsgroei stimuleer maar 'n program wat hulle ook verbonde hou aan hul Bron. U offer vandag ondersteun hierdie program en daarvoor word dankbare erkenning gegee.
Ds. Theunis Botha  | pastor@sun.ac.za | Webwerf: https://communitas.co.za


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind gaan vir die duur van die 40 Dae reis nie plaasvind nie, sodat die lede kans kry om by kleingroepe in te skakel. Kontak gerus vir Pieter Landman vir die Mansbybelstudie en vir Elsa du Toit vir die Damesbybelstudie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023