Erediens - 25 September 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons sluit hierdie week ons 40 dae reis af met die tema:
Samuel, Aspoestertjie en Dawid!
Ons teks kom uit 1 Sam 3.
Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie en geniet 'n 40-dae cupcake.


DEUROFFER: SINODALE JEUGWERK
Die Jeug en Familiebediening van die Wes-Kaapland fokus op die ondersteuning, toerusting en navorsing van Jeugwerk wat deur gemeentes gedoen word, onder andere:
➢ Kategese ondersteuning
➢ Familiebediening hulpmiddels
➢ #imagine feesnaweek (#imagine local in 2022)
➢ Navorsing oor Jong Volwasse bediening
➢ Kinderbediening ondersteuning
Volg ons by www.dinkjeug.co.za of kontak jeug@kaapkerk.co.za

KINDERBEDIENING
* KIX is gebore uit die voormalige Kinderkrans
* Die KIX kurrikulum is gratis
* Dit word landswyd gebruik in skole, nasorge, kerke en gemeenskappe
* Volledige 5 jaar program
* Nuwe voorskoolse material
www.kixkinders.co.za

DINKJEUG FAMILIE APP
Daaglikse podcast met huisgeloof oordenkings waar families kan saamgesels oor die Bybel, geloof en die lewe.
Laai die app gratis af by Google Play of Apple iStore

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023