OUTENIQUALAND SE SKOENBOKSPROJEK

Een van ons lidmate, met 'n passie vir kinders, loods hierdie Kersfees Outeniqualand se eie skoenboksprojek.
Sy sal leë skoenbokse in die voorportaal plaas met inligting daarin van die kind vir wie die skoenboks gaan en 'n riglyn van wat in die boks kan gaan.
Indien jy betrokke wil raak by hierdie projek kan jy van volgende Sondag af 'n boks in die voorportaal neem en dit vul sodat dit net voor kersfees uitgedeel kan word aan die kinders. Die bokse moet asseblief teen einde Oktober terugbesorg word aan die kerkkantoor.
Indien jy enige vrae het kontak vir Petru.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023