2022-10-02 - 2022-10-08 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Bejaardes in ons gemeente en gemeenskap. (Biddag vir Bejaardes) Vader ons dra hierdie groepie gelowiges aan U sorg op. In hulle weerloosheid het hulle U genade en liefde nodig.
  2. Ons leerders, studente en onderwysers, in die tyd van rus. Help hulle ook in die tyd, dat hulle verhouding met sal verinnig.
  3. Die Natuurrampe wat oor die wêreld besig is om groot skade en ellende te veroorsaak. Ons bid dat die rampe ons sal aanmoedig om ons voor U te verootmoedig.
  4. Die Christelike Lektuur Fonds (Deuroffer) Vader mag hierdie lektuur die Evangelie op 'n besondere wyse na die mense bring en hulle nader aan U bring.


DANKIE:

  • Gelowiges wat ten spyte van al die Ekonomiese krisisse in ons land steeds besig is om uit te reik en U te verheerlik.
  • Die bydraes wat bejaardes in ons gemeente lewer.
  • Vir U Woord waaraan ons kan vashou. Die skrif sê: “Die mens is soos gras en al sy prag soos die veldblom; Die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dit bly vir ewig” - 1 Petrus 1: 24-25

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023