Erediens - 02 Oktober 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Dr. Kobus Smit sal die boodskap vir ons bring.
Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie in die saal.

DEUROFFER: CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS

Die Christelike Lektuurfonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig. CLF se VISIE: ‘n Wêreld waar mense die Boodskap van die Bybel leef. CLF se MISIE: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Christelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting.

  • CLF werk in vennootskap met ‘n verskeidenheid kerke en bedieninge. CLF befonds publikasies en dienste en is afhanklik van die bydraes van donateurs.
  • CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NG Kerk familie en ander kerke beskikbaar.
  • Die inhoud en fokus van die literatuur het 'n missionaal-diakonale gerigtheid en wil diens lewer in die koninkryk van God.
  • Die literatuur word gratis of uiters bekostigbaar uitgegee, versprei en aan die breër kerk van Christus beskikbaar gemaak.

Bestellings – 021 873 6964 | orders@clf.co.za | Webwerf: http://www.clf.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023