Erediens - 09 Oktober 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerk te Sinksabrug.
Ds Basie Fourie sal die boodskap vir ons bring.
Na die erediens by die kerk drink ons almal lekker saam koffie in die saal.
Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Sien julle volgende Sondag!

DEUROFFER: Radio Kansel
Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is ‘n onafhanklike, interkerklike en interkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radio Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op www.radiokansel.co.za, www.kaapsekansel.co.za en www.capepulpit.co.za. Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon.
Mnr. Kosie Burger 082 784 5779 | 021 917 7000 | kaap@radiokansel.co.za | Webwerf: https://radiokansel.co.za

BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES
Mansbybelstudie begin weer hierdie Donderdag 13 Oktober om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kontak gerus vir Pieter Landman as jy wil aansluit.
Damesbybelstudie hervat op Donderdag 13 Oktober om 9:30 in die Kobus Hattinghsaal. As jy belangstel om aan te sluit of enige vrae het, kontak vir Elsa du Toit.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023