Erediens - 16 Oktober 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk te Sinksabrug.
Die tema is: Passasier- of oorlogskip? en die teks kom uit Ef 4:11-12.
Na die erediens by die kerk drink ons almal lekker saam koffie in die saal.



DEUROFFER: GIDEONS

Jesaja 40:8 “Gras verdor en blomme verwelk, maar die Woord van ons God bly ewig.”
Die Gideons se enigste doel is om die Woord te versprei en op die wyse siele vir Christus te wen. Om die rede probeer ons om elke graad 8 leerling, elke gevangene, hotelkamer en hospitaalbed van 'n Bybel te voorsien. In die George tot Knysna gebied word jaarliks plus minus 5 000 Bybels vir graad 8 leerlinge by skole oorhandig, 300 by hotelle en gastehuise. Daar is ook Bybels geplaas by dokters se spreekkamers en die gevangenis. Omdat die inperkings ook die Gideons se werk geraak het en die meeste instansies waar ons normaal Bybels plaas vir ons gesluit was kon ons nogtans die meeste skole besoek. Ook die fondsinsameling is swaar getref.
Outeniqualand Gemeente se bydrae sal help om toekomstige plasings moontlik te maak.
Internasionaal het die Gideons sedert sy ontstaan in 1950 reeds 2 biljoen Bybels geplaas in 95 tale en is in 200 lande betrokke om op dié wyse die Evangelie te versprei. Daar is genoeg getuienis om te bewys dat die Woord mense se lewens verander. 1 Petrus 1:25 “maar die Woord van die Here, dit bly ewig. En hierdie Woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.”
Dankie vir u bydrae en voorbidding.
Verteenwoordiger in Outeniqualand: Ben Klinck.


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie is Donderdae om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kontak gerus vir Pieter Landman as jy wil aansluit.
Damesbybelstudie is Donderdae om 09:30 in die Kobus Hattinghsaal. As jy belangstel om aan te sluit of enige vrae het, kontak vir Elsa du Toit.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023