JAN DE WET: SONDAG 30 OKTOBER 2022


Ons benodig vrywilligers wat kan help met ons kuier van Jan de Wet op Sondag 30 Oktober om 09:30 by die kerkterrein. Ons beoog om 'n heerlike kermis atmosfeer met baie aktiwiteite op ons kerkterrein te skep. Die fokus van die dag is om ons gemeente bekend te stel aan die wyer gemeenskap wat nie altyd bewus is van ons gemeente se bestaan hier tussen die plase nie. Dit gaan dus nie oor ons nie, maar oor ons besoekers. Ons gaan die kuier wyd adverteer.
Meld aan as jy op enige manier kan help. Ons benodig...

  • BAIE mense om 'n bordjie eetgoed saam te bring na die kuier. Ons gaan niks verkoop nie, maar die gemeenskap bless met gratis koffie en iets te ete.
  • Mense wat kan help beplan aan die uitleg van die terrein.
  • Mense wat kan help gazebos opslaan, koffie stalletjies beman en by kos stalletjies kan diens doen.

Skakel gerus vir ds. Jan of Merinda indien jy kan help.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023