2022-11-20 - 2022-11-26 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die beskermingsdienste: Vader ons veiligheid en eiendom is in die hande van die Polisie, Weermag en die Buurtwag. Ons bid dat U hulle sal bewaar en toerus met verantwoordelikheid en integriteit.
  2. Die jong lidmate wat belydenis van hulle geloof aflê. Hulp ons om hulle in die gemeente te verwelkom en dat hulle as lidmate ook hulle plig teenoor U sal nakom.
  3. Koor (Deuroffer): Ons bid vir die komende Kersprogram en dank U vir koorlede wat bereid is om hulle tyd en talente tot U beskikking te stel.
  4. Die Kerk in VSA: Die afgelope verkiesing in die VSA het 'n morele kwessie soos die aborsie wet na vore gebring waaroor Christene verdeeld was. Ons bid dat Christene, ten spyte van verskilende opinies en politieke verdeeldheid, hulle respek en liefde vir medegelowiges sal behou.


DANKIE:

  • Vir die damme in die land wat vol is en die onderaardse bronne wat U weer gevoed het.
  • Dat ons ten spyte van kommer oor baie dinge, steeds slegs van U afhanklik is. Jes. 30:15 “...julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”
  • Dat U ons as gemeente in alles seën en vir ons 'n geestelike tuiste bied.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023