2022-11-27 - 2022-12-03 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Hierdie kinders wat onder kritieke omstandighede uit ouerhuise verwyder is, het ons voorbidding nodig om geestelike en ook finansiële versorging. Ons bid ook vir die personeel wat hulle moet versorg.
  2. Kerssangdiens: Dankie Vader vir 'n geleentheid om U deur sang en lied te loof. Ons dank U vir hulle wat hulle talent tot U beskikking stel.
  3. Eerste Adventsondag: Op die Christelike kalender is dit die eerste Sondag waarop ons, ons voorberei vir die geboorte en die wederkoms van Christus. Kom ons vier hierdie besondere tyd met dank en gebed tot U eer as ons Verlosser en Heer. Lied 322: 4 “Laat ons God die Vader Loof, eer bring aan sy Seun, ons hoof, Hulde aan die Gees bewys, God drie-enige altyd prys.”


DANKIE:

  • Nuwe lidmate. Seën hierdie jong mense in U diens.
  • Vir 'n gemeente wat uitbrei en dat ons saam met medegelowiges U teenwoordigheid kan ervaar.
  • Alles wat ons daagliks onverdiend uit U hand ontvang.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023