Erediens - 13 November 2022

 

Ons het Vandag 2 eredienste:
08:00 in die Kobus Hattinghsaal in Glentana en om 09:30 'n erediens in die kerk.
Let wel dit is nié 'n inrydiens nie.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die diens.
Ons sien uit daarna om jou Sondag te sien.


VOLGENDE SONDAG - 20 November 2022

Volgende Sondag is die eerste geleentheid tot belydenisaflegging van ons jongmense. Ons vier Nagmaal saam met hulle en hulle gesinne. As dit lekker weer is, sal daar na kerk koffie op die gras voor die kerk bedien word.


DEUROFFER: SINODALE STRAATWERK

Straatwerk is 'n Christen organisasie wat vir die afgelope 55 jaar as deel van ons kerkfamilie uitreik na: vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad. Deur werkrehabilitasie (Ophelp Projek) skep ons geleenthede vir hawelose mense om op 'n eerbare manier 'n inkomste te verdien deur harde werk as 'n alternatief vir bedelary en misdaad. In ons uitreike nooi ons vroue wat in prostitusie vasgevang is om deel te raak van 'n verskeidenheid rehabilitasie inisiatiewe. Straatwerk is reeds sedert 2009 besig met ‘n voorkomingsveldtog in skole om kinders in hoë risiko areas te waarsku teen seksuele misbruik en prostitusie. Tydens ons naguitreike nooi ons gemeentegroepe om deel te neem aan praktiese uitreike op straat as 'n teken van die Liggaam van Christus in Aksie.
Dr. Fourie Truter | 021 930 8055 | fourie@straatwerk.org.za | Webwerf: http://straatwerk.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

KERKKANTOOR TYE - Vakansie 2021 - 2022

Erediens - 12 Desember 2021