Erediens - 20 November 2022


 

Hierdie Sondag is die eerste geleentheid tot belydenisaflegging van ons jongmense.
Ons vier Nagmaal saam met hulle en hulle gesinne.
Die 8 jongmense wat belydenis van geloof aflê is: Kayla Langenhoven, Annika Kleinhans, Martin Johan Bosch, Jan-Paul Barnard Schoeman, Carl Frederick Sharp, Pieter Roux, Henri Tobie Louw en Danielle Louw.
As dit lekker weer is, sal daar na kerk koffie op die gras voor die kerk bedien word.


VOLGENDE SONDAG IS KERSSANGDIENS

Ons gaan heerlike onder die bome op die kerkterrein piekniek hou vanaf 17:30. Daar sal tafels en stoele voorsien word en elkeen bring sy eie piekniekmandjie. 18:30 begin die Kerssangdiens in die kerk.


DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR

Outeniqualand is een van die min kerke wat nog 'n kerkkoor het. Volgende week by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor staan onder leiding van Tinus Badenhorst ons orrelis. As jy voel dat dit die plek is waar jy wil inskakel, kontak vir Tinus.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023