OUTENIQUALAND SE SKOENBOKSPROJEK

Een van ons lidmate, met ‘n passie vir kinders, loods hierdie Kersfees Outeniqualand se eie skoenboks projek. Sy sal leë skoenbokse in die voorportaal plaas met inligting daarin van die kind vir wie die skoenboks gaan en 'n riglyn van wat in die boks kan gaan. Indien jy betrokke wil raak by hierdie projek kan jy ‘n boks in die voorportaal neem en dit vul sodat dit net voor Kersfees uitgedeel kan word aan die kinders.
Voorgestelde items vir boks: T-hemp, toiletware, skryfbehoeftes, koekies & lekkers en speelding. Die bokse moet asseblief teen 16 November terugbesorg word aan die kerkkantoor. Indien jy enige vrae het, kontak vir Petru.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

KERKKANTOOR TYE - Vakansie 2021 - 2022

Erediens - 12 Desember 2021