2022-12-04 - 2022-12-10 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Reën: Ons bid dat die Vader in Sy wysheid uitkoms sal gee.
  2. Stranddiensspan (Deuroffer): Vader seën asseblief die werk wat die stranddiens- span onder ons jeug gaan doen en rus U hulle toe vir die taak.
  3. Vonk afsluiting volgende week: Dankie Vader vir hulle wat die kindertjies deur die bediening na U toe lei.
  4. Tweede Advent Sondag. Ons buig in dank en aanbidding voor U neer vir U seun Jesus en bid saam met medegelowiges dat U geboorte en wederkoms 'n gees van afwagting en verootmoediging sal skep.
  5. Rasse spanning bou op omdat mense nie 'n wag voor hulle monde plaas nie. Ons bid dat gelowiges die voorbeeld sal stel en mekaar met liefde en respek sal behandel.


DANKIE:

  • 'n Besondere belewenis saam met die koor en kinders, ook vir hulle wat die kerk so mooi versier het. Aan U al die eer.
  • Vakansiegangers wat ons kerkdienste en omgewing met hulle teenwoordigheid gaan vereer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023