2022-12-11 - 2022-12-17 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Getuienis (Deuroffer): Vader ons dra die lede van die Diensgroep aan U op vir finansiële voorsiening en die seën op die werk wat hulle doen.
  2. Derde Adventsondag: Vader help U ons om in hierdie tyd slegs die oog op U te hou as ons verlosser.
  3. Vakansiedienste: Ons bid vir die predikers wat in hierdie tyd in ons gemeente gaan optree. Seën U die boodskappe wat hulle gaan bring. Ons bid ook vir die vakansiegangers se veiligheid op die pad en ook op die strand.
  4. Leierskapkrisis in ons land. Ons land verkeer in 'n krisis, maar dit laat ons net weer besef dat ons op U alleen kan vertrou. Ps 31:15 “Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God.”
  5. Somerbasaar: Ons bid vir U seën op hierdie geleentheid en dat dit meer as net ‘n fondsinsameling sal wees maar ook gesellige bymekaar kom van gelowiges.


DANKIE:

  • Ds Jan, Kerkraad, Dienswerkers, Lorraine en Merinda en ander personeel, vir 'n jaar se toewyding, tot U eer
  • Vakansiegangers se bydrae om ons dienste en ander geleenthede te verryk.
  • U wat die spil is waarom alles hierdie Kerstyd draai.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023