OUTENIQUALAND SOMERBASAAR

Ons herinner almal aan die Basaarlyste wat asseblief moet in wees teen 9 Desember. Ons kort nog baie hande om te help by die verskillende stalletjies.

Poedingtafel:
Blommetjie van die poedingtafel vra poedings asook roomyshouers met deksels. Die roomyshouers kan by die kerkkantoor afgelaai word. As jy bereid is om 'n poeding/poedings te maak kontak asseblief vir Blommetjie.

Kinder-/Lekkergoedtafel:
Nikki vra enige bydraes vir die lekkergoedtafel. Kontak haar gerus.

Wit Olifante:
Daar is besluit dat daar weer 'n Olifant saamtrek by die basaar gaan wees.
Daardie wees-olifantjies wat die afgelope 3 jaar stof vergaar het in die motorhuis of stoorkamer wil graag nuwe eienaars by die basaar kry.
Kontak asseblief vir Pieter Stoltz.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Erediens - 12 Desember 2021