22-01-2023 - 28-01-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Jeug (Deuroffer): Ons bid vir die skoolgaande leerders, vir al die uitdagings wat die jaar vir hulle inhou, maar ook al die versoekings wat hulle moet weerstaan. Lei en beskerm U hulle. Ons bid ook vir die matrieks wat hulle uitslae ontvang het. Maak U asseblief die deure oop vir verdere studie, maar ook vir werksgeleenthede. Bemoedig U ook die wat nie suksesvol was nie.
  2. Epifanietyd: Vader ons is in die tyd waar u geboorte en verskyning aan die wêreld vir ons as gelowiges 'n werklikheid moet wees. Help ons om in hierdie tyd ook U teenwoordigheid in ons lewens te ervaar.
  3. Die kragkrisis in ons land. Help ons om te onthou dat U die lig in ons lewens is en niks en niemand U lig kan uitdoof nie.
  4. Ds. Jan, wat Maandag 'n dubbele knievervanging operasie sal ondergaan. Wees U met hom en seën die mediese personeel wat hom behandel.


DANKIE:

  1. Ons gesinne en vriende wat saam met ons die kersvreugde kon deel.
  2. Die jeug in ons gemeente. Hulle bring vreugde en lewe tot U eer.
  3. Gelowige skoolhoofde en onderwysers.



Ds Jan is met siekverlof tot ten minste Sondag 19 Februarie.
Dr Kobus Hattingh sal die sieke- en/of krisis-pastoraat hanteer.
Die eredienste word deur emeritus leraars gelei.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023