Erediens - 22 Januarie 2023

 


Ons nooi jou uit na vandag se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ons begin ons jubeljaar met 'n heerlike familiebyeenkoms (erediens) van al ons Outeniqualanders.
Ons nooi veral ons VONK-maats uit. Ons sien daarna uit om hulle en hulle ouers Sondag te ontmoet.
Na die diens drink ons heerlik saam koffie by die saal en vier ons ds Jan se verjaarsdag saam met 'n stukkie koek.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ds Jannie Fourie sal die erediens lei terwyl ds. Jan herstel na sy operasie.


DEUROFFER: PLAASLIKE JEUG
VONK (Vorm Ons Nes Klei)


Hierdie Sondag se deuroffer gaan vir ons plaaslike Jeugbediening: ons VONK-bediening. Ons VONKies het verlede jaar pragtig toegeneem. Ons is baie dankbaar vir Annemi en haar span wat so mooi na ons Vonkies kyk. Jy kan hierdie bediening vandag seën met jou finansiële bydrae en/of jy kan vir Annemi kontak indien jy meer betrokke wil raak by Outeniqualand se VONK-bediening.

Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Outeniqualand se Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates.
Gemeentelede kan nou weer die geleentheid kan benut om vir 'n spesifieke saak by die deur by te dra na gelang van hoe sterk hulle 'n geloofsoortuiging daaromtrent het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023