Erediens - 29 Januarie 2023

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk.
Ds. Jannie Fourie sal die boodskap bring.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ds. Jannie Fourie sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie.
Sondag 5 Februarie se Nuwe Intrekkertee staan oor na die volgende Nuwe Intrekkertee op 16 April 2023, wanneer ons Outeniqualand se nuwe intrekkers sal bederf met heerlike koffie en verversings.


DEUROFFER:
OUTENIQUALAND SE DIENSGROEP VIR VASTE EN ROERENDE BATES


Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Pieter Stoltz, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein asook die Pastorie in. Ons gemeente is geseën met die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding en opknapping van Outeniqualand se eiendom en terreine. Indien jy deel wil word van hierdie span kontak gerus vir Pieter Stoltz.

Volgende Sondag se deuroffer is 'n Sinodale deuroffer vir Gemeente Ontwikkeling.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023