SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Raak betrokke by Outeniqualand se unieke gasvryheidbediening:


GASVRYHEIDSBEDIENING:

Outeniqualand se gasvryheidbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.)
Jy kan jou hand opsteek wanneer en vir watter aktiwiteit jou pas. Alles is vrywillig. Ons sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie.
Die Gasvryheidsgroep vergader ook 4 keer per jaar. Aan die begin van elke kwartaal. Indien jy nie die vergadering kan bywoon nie, word die inligting in elk geval op die whatsapp-groep geplaas.
Die volgende vergadering is Woensdag 1 Februarie om 17:30 by die Kobus Hattinghsaal. Ons gaan onderandere bespreek: Bingo-oggend, Langtafeldinee ens.
Indien jy wil deel raak van die bediening kan jy jou naam deurgee aan Merinda by die kerkkantoor of jy kan die vergadering bywoon.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023