05-02-2023 - 11-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Nuwe Intrekkers: Vader mag ons nuwe intrekkers hier 'n geestelike tuiste vind en ons hulle met die liefde van Christus verwelkom.
  2. Die ramptoestand: As gevolg van die kragkrisis beoog die regering 'n ramptoestand. Ons bid dat die Raad wat die ramptoestand moet bestuur dit met verantwoordelikheid sal doen en nie tot selfverryking of magsvertoon nie.
  3. Reën in die Oos-Kaap: Daar heers kommer oor die leë damme en droogte in die Oos-Kaap. Ons bid tot U vir uitkoms.
  4. Misdaad en korrupsie: Daagliks hoor ons van moord, sabotasie, diefstal en verkragting. Ons bid dat U, U kinders sal beskerm en die misdadigers tot inkeer sal bring.


DANKIE:

  1. Die reën in ons streek. U het ons geseën en daarvoor loof ons U.
  2. Gelowiges wat getrou aan U bly en aan ons 'n voorbeeld stel van U voorsiening en teenwoordigheid. Jes. 40:31 "Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag..."
  3. Begaafde leerders en studente waarmee U ons land seën. Hulle wie hulle talente tot U eer en tot voordeel van ons land aanwend.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023