12-02-2023 - 18-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die mense van Turkye en Sirië: Duisende inwoners van hierdie lande het gesterf of is beseer in aardbewings. Ons bid dat U die mense sal vertroos en bemoedig te midde van die groot tragedie.
  2. Opvoeding en Onderwys (Biddag): Ons bid vir al die instansie wat betrokke is by die opvoeding en onderwys van ons kinders; die huis, die skool en die kerk. Gee dat ouers hulle sal beskikbaar stel om in skool beheerrade te dien en ook hulle doopbelofte nakom.
  3. BADISA George (deuroffer): Vader help U die organisasie om finansieël en geestelik hulle verantwoordelikheid ten opsigte van die welsyn van arbeiders na te kom.


DANKIE:

  1. Gelowige ouers wat getrou hulle doopbelofte nakom.
  2. Gelowige skoolhoofde en onderwysers.
  3. U Woord wat daagliks dien as bemoediging in onsekere tye.


Ons is opgewonde en bly saam met...

Nico en René Venter met hulle nuwe kleindogtertjie, Emma.
Ons is saam met julle dankbaar vir die groot geskenk uit die Here se hand.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023