19-02-2023 - 25-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Gemeentenaweek: Vader, mag die gemeente wat in 'n ontspanne atmosfeer in die natuur verkeer, U teenwoordigheid op 'n besondere wyse ervaar en U die naweek seën.
  2. Boere, die toerismebedryf en inwoners in dele van ons land wat groot skade ly as gevolg van oorstromings en swaar reën. Dankie dat u daar in in hulle nood.
  3. Die politieke klimaat in ons land, in aanloop tot volgende jaar se verkiesing is besig om die negatiewe in politieke leiers na vore te bring. Ons bid vir verdraagsaamheid en resepek teenoor mekaar in hierdie tyd.
  4. Lydenstyd: In hierdie besondere tyd op die kerk se kalender bid ons dat gelowiges die lydensweg saam met medegelowiges sal volg en oordink.



DANKIE:

  1. Vir mense wat omgee en so die seer en nood van ander help dra.
  2. Vir gelowige ouers en voorouers wie vir ons 'n voorbeeld van "omgee-oorgee- aangee" was.
  3. Vir organisasies wat onder moeilike omstandighede bereid is om hulp aan Turkye en Sirië te verleen.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023