26-02-2023 - 04-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Herberg Kinderhuis (Deuroffer): Die staat plaas kinders wat deur die samelewing 'n knou toegedien is, in die huis se versorging. Onder andere wees-, verwaarloosde en mishandelde kinders. Ons bid vir hulle geestelike en finansiële versorging.
  2. Staatspresident: Vader help hom om die regte besluite te neem ten opsigte van aanstelling van Ministers en die Adjunk-president.
  3. Die mense van ons land. Waar soveel negatiewe nuus en kommentaar ons moedeloos maak bid ons dat gelowiges en kerkleiers na vore sal kom en leiding sal neem om ons weer hoop te gee.



DANKIE:

  1. Dat ons kan weet, wat ook al in hierdie deurmekaar wêreld van ons gebeur, God is groter as enige regeerder omdat Hy die Skepper is.
  2. Aanbidding sal sy hoogtepunt bereik in die eenwording met Christus by die voleinding van alles. Heb. 10:24-25.
  3. Gelowiges en die Kerk wat 'n positiewe beeld skep van geloof en hoop.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023