Erediens - 05 Februarie 2023


 

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk.
Ons wil vir ds. Jannie Fourie baie dankie sê dat hy instaan vir ds. Jan terwyl hy herstel van die operasie.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.
Die Nuwe Intrekkertee wat is aangeskuif na 16 April, waar ons Outeniqualand se nuwe intrekkers sal bederf met heerlike koffie en verversings.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ds. Jannie Fourie sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie.


DEUROFFER: (SINODAAL)
Nuwe Geloofgemeenskap Ontwikkeling (NGGO)


Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeentes te begelei om nuwe geleenthede raak te sien (visievorming) in hul onderskeie kontekste om vars uitdrukkings van kerkwees te implimenteer (missionale kerk).
Die leiers van hierdie taakspan sal gemeente besoek en begelei wat die behoefte het om 'n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die gemeente of buite (bv. waar daar nuwe demografiese ontwikkelings in die area is).Ons help met opleiding en die skep van netwerke waar gemeentes en hul leiers veilig voel om nuwe maniere van kerkwees te probeer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023