Erediens - 12 Februarie 2023

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk.
Ons wil vir ds. Jannie Fourie baie dankie sê dat hy instaan vir ds. Jan terwyl hy herstel van die operasie.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.
Let wel - daar is geen diens in die Kobus Hattinghsaal hierdie Sondag nie.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ds. Almo Zietsman sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie.


DEUROFFER: BADISA George


BADISA George doen baie belangrike werk onder geweldig moeilike omstandighede. So is daar hierdie jaar: Gesinsherenigings – 32 leêrs / Vroeë Intervensie – 12 leêrs, Kinderhofondersoeke – (walk in’s) – 27 leêrs / Kinders in pleegsorg geplaas – 82.
Tendense van dienslewering: Kinderverwaarlosing / Verlate kinders / Ontoereikende ouerskap / Werkloosheid / Substansafhanklikheid in volwassenes.
BADISA George se kantore is in Victoria straat in George. Ons wil ons gemeentelede aanmoedig om hulle te ondersteun met kos, klere, finansies, gebede en wat die Here ookal op jou hart druk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023