Lydenstyd

Lydenstyd begin amptelik met Aswoensdag (22 Februarie)


"Lydenstyd is ’n tyd vir afskaal, opoffer, stilword, stadiger beweeg, dieper asemhaal, dieper kyk, fyner luister, intenser voel, proe en ruik... en om toe te laat om deur die oomblik beweeg te word – deur wat beleef, gesien, gehoor geruik, geproe en gevoel word. Dieper in die oomblik in, deur die mooi en die aangename – selfs tot in die donker onaangename... en daar vir God te soek en daar saam met God te wees – waar Jesus is.

 

LYDENSTYD KANSELKLEED

Simboliek:
Die pers kleur is vir die tydperk van rou.
Drie kruise:
Hoofkruis - Christus
Klein kruis regs - rower wat Christus verwerp het.
Klein krus links (raak aan hoofkruis) - simbolies van die rower wat Christus se onskuld erken het, en Hom gevra het om hom te onthou wanneer Christus in Sy koninkryk kom.
Die sterreglans is simbolies van die Glorie van God.
Die getuienis van die kanselkleed:
Omdat die dood Christus nie kon vashou nie, het Hy die rower verseker: "Ek verseker jou - vandag sal jy saam met My in die paradys wees". (Lukas 23:43)
Grafika deur Louise Parsons van Centurion
Gemaak deur Hester Vorster in Maart 2000 ter herdenkig van Outeniqualand se 50ste verjaarsdag.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023