SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

HOU JY VAN SING?

Die koor begin oefen op Donderdag 23 Februarie om 17:00 in die Kobus Hattinghsaal.
As jy hou van sing, kom sluit aan by die koor. Almal is welkom.
As jy onseker voel, kontak vir Tinus.


IS JY HANDIG IS MET 'N BREI OF HEKEL NAALD?

KOMBERSPROJEK


Kan jy 'n kombers omhekel of ombrei?
Die kombersprojek, onder leiding van Petru Wolmerans werk só: Petru koop kombersmateriaal in groot maat en knip dit in kombersgroottes. Om dit spesiaal en mooi te maak vra Diens van Barmhartigheid of daar dames is wat kans sien om 'n kombers of twee om te hekel of brei. Aangeheg is 'n foto van 'n paar wat al klaar is. Die komberse word dan vir die kinders in die skole in ons area uitgedeel vir die winter.
As jy enige vrae het of dalk kan help kontak asseblief vir Petru.


180 PAAR HANDSKOENE, VINGERLOOS, VIR DIEPKLOOF LAERSKOOL

Baie dankie aan almal wat navrae ivm die brei van die handskoentjies (sonder vingers) gedoen het en graag wil help.
Ons benodig:
Gr 1 + 2 - 60 pare (32 steke)
Gr 3 + 4 - 60 pare (36 steke)
Gr 5,6 + 7 - 65 pare (40 steke)
Dubbeldraad wol, donkerblou (navy) om te pas by die skooldrag.
Vir enige navrae kontak Alta van Wyk.


GENIET JY DIT OM TE KUIER en GASVRY TE WEES?


Pelgrimstog van Hoop:
2 jaar gelede is daar begin met 'n Pelgrimstog van Hoop tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste “Brunch-stop” op die roete.
Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, die tafel gedek moet word, die kos warm gemaak moet word (jy hoef dit nie self te maak nie) en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasvrou/gasheer optree tydens hulle kort besoek. Ons het 'n paar spanne wat mekaar afwissel. Ons wil graag die spanne vermeerder sodat 'n span net 1 keer elke maand of selfs 2 maande aan diens is. Aan die begin van die maand word die datums van die besoeke deurgegee en jy kan self kies watter datum vir jou sal pas indien enige. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin gasvryheid, vriendelikheid, betroubaarheid benodig word. Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier en Outeniqualand se gasvryheid met hulle te deel.
Indien jy voel dat dit 'n bediening is waarby jy wil inskakel, kontak asseblief vir Merinda.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023