05-03-2023 - 11-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Alta du Toit Nasorg (Deuroffer): Verstandelik gestremde leerders ontvang hier opleiding. Ons bid vir onderwysers en leerders asook die leerders se geestelike versorging.
  2. Die Landbou: Die rol wat die sektor in ons land en gemeenskap speel. Die Landbou is nie alleen voedsel voorsiener en werkgewer nie, maar ook geestelike versorger. Vader help U ons boere in die omvattende verantwoordelikheid.
  3. Ekonomie: Ons land se ekonomie staan voor baie uitdagings; werkloosheid, die kragkrisis, inflasie, 'n gryslys en staats- kaping. Help U ons om die uitdagings te bowe te kom.


DANKIE:

  1. Vir die boere wat hulle plig doen ten opsigte van voedselsekerheid maar ook ten opsigte van die opheffing van die gemeenskap.
  2. Gelowige sakemanne wat nog positief is ten opsigte van die toekoms van ons land en deel is van werkverskaffing en met hulle bydrae tot die belastingbasis help om die begroting te laat klop.
  3. Die HOOP wat ons in U Woord kry. Jes. 30:18 "Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm, die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou".

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023