12-03-2023 - 18-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die nuwe kabinet: Ons land het leiers nodig, wat die land met integriteit sal bedien. Rus U hulle asseblief toe vir hulle taak.
  2. Reën in die Oos-Kaap waar die damme nog leeg is en krises dreig.
  3. Eljada Nasorg: Ons bid vir die personeel en inwoners om U bystand en versorging.
  4. Nuwe intrekkers in ons gemeente. Help U ons om vir hierdie lidmate 'n geestelike tuiste te skep.


DANKIE:

  1. Vir die goeie reën in ons streek, waar damme vol is en boere gereed maak vir die plantseisoen.
  2. Vir verlede Sondag se Gemeenskapsdiens en dat ons die Landbou en Ekonomie aan U kon toevertrou.
  3. Dat ons aan U die eer gee vir al die mooi wat ons om ons sien: in die natuur, in die lewens van gelowige mense om ons en ook in U Woord. Jeremia 17:7 "Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is."

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023