Erediens - 19 Maart 2023


Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 19 Maart se erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Ons nooi jou uit na volgende Sondag se Nagmaalsdiens om 09:30 in die kerk.
Almal word hartlik uitgenooi na ons 'n bring en braai by die Kobus Hattinghsaal vanaf 11:30.
Bring jou eie eetgerei, rooster/tang/casserol, drinkgoed en vleis/bykosse saam.
Ons voorsien tafels met stoele en braaidromme met kole.
Ons sien uit daarna om saam met jou te kuier.


DEUROFFER: HUGENOTE KOLLEGE (Siondaal)


Die Hugenote Kollege is die NG Kerk se eie universiteit wat as 'n privaat opleidingsinstansie studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei vir maatskaplike- en kerklike dienswerk. Die gebeure rondom Covid-19 het net weer onderstreep hoe belangrik die kerk se maatskaplike werk en dienslewering is, en hoe noodsaaklik dit is om goed opgeleide persone te kan verskaf wat diens lewer in kinderhuise, ouetehuise en wat berading kan doen.
Die volgende kwalifikasies word aangebied: B-graad in Maatskaplike Werk, Beroepsertifikaat in Kinder- en Jeugsorgwerk, Nasionale Diploma in Vroeë Kindontwikkeling en Sertifikate in Maatskaplike Hulpwerk en Gemeenskapsonwikkeling.
Hugenote Kollege lei ook predikante en kerkplanters op. Ons lewer 'n groot bydrae om diensleraars vir die NG Kerk op te lei. Die Kollege bied ook ‘n verskeidenheid kortkursusse aan vir gemeentes en lidmate wat hulle kan help om hulle dienswerk in die Koninkryk van God nog beter te kan doen.
Webwerf: https:/hugenote.com

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023