Nagmaal - 26 Maart 2023

Ons nooi jou uit na Sondag 26 Maart se Nagmaalsdiens om 09:30 in die kerk.
A.g.v. die Nagmaalsete, is daar geen koffie na afloop van die erediens nie.
Daar word reën vir Sondag voorspel en daarom het ons besluit om die braai te vervang met ons tradisionele Nagmaalsete. Ons nooi jou dus uit na ons Nagmaalsete vanaf 11:30 in die Kobus Hattingh-saal in Glentana.
Die volgende reëlings geld:

  • Elke gesin bring vir homself:
  • Eie eetgerei
  • Eie drinkgoed (wyn is welkom)
  • 'n vleisgereg en twee bykosse (waarvan een ‘n slaai kan wees)
  • Nagereg

Die kos word op 'n gesamentlike tafel uitgepak waar elkeen kan skep soos en waarvan hy/sy hou. Daar sal stoele met gedekte tafels beskikbaar wees.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 2 April se erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


DEUROFFER: PUBLIEKE GETUIENIS (Sinodaal)

Die Getuienis Aksie van die Sinode is besig op verskeie plekke in Afrika asook die res van die wêreld met getuienis aksies.
Webwerf: http://getuienis.christians.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023