SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

WIL JY SAAM BID?

Outeniqualand se gebedsbediening werk per whatsapp-groep. Ons kom dus nie bymekaar nie, maar deel gebede en versoeke per whatsapp met mekaar.
Indien jy wil deel raak van hierdie groep kan jy vir Ben Klinck kontak.


IS JY HANDIG IS MET 'N BREI OF HEKEL NAALD?

180 PAAR HANDSKOENE, VINGERLOOS, VIR DIEPKLOOF LAERSKOOL
Baie dankie aan almal wat navrae ivm die brei van die handskoentjies (sonder vingers) gedoen het en graag wil help.
Ons benodig:
Gr 1 + 2: 60 pare (32 steke)
Gr 3 + 4: 60 pare (36 steke)
Gr 5, 6 + 7: 65 pare (40 steke)
Dubbeldraad wol, donkerblou (navy) om te pas by die skooldrag. Vir enige navrae kontak Alta van Wyk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023