SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

WIL JY SAAM BID?

Outeniqualand se gebedsbediening werk per whatsapp-groep. Ons kom dus nie bymekaar nie, maar deel gebede en versoeke per whatsapp met mekaar.
Indien jy wil deel raak van hierdie groep kan jy vir Ben Klinck kontak.


LEESPROJEK VIR ONS LAERSKOLE

Diens van Barmhartigheid wil graag 'n leesprojek bydie drie laerskole in ons area van stapel stuur. Daarvoor het ons heelwat boeke op laerskoolvlak en laer nodig. As daar boeke in jou huis is wat jou kind of kleinkinders al ontgroei het, skenk dit asseblief vir die projek. Die boeke kan in die voorportaal in die mandjie geplaas word of jy kan my kontak. As 'n kind leer lees, kan hy soveel ander vaardighede baasraak. Baie dankie by voorbaat.
Marianna Uys.


KRUISE VIR PAASFEES!

Kom help kruise maak vir paasfees! Maandag 13 Maart vanaf 16:00 in die Kobus Hattinghsaal. Die materiale is aangekoop en nou soek ons hande om 350 kruisies te help maak. Ons wil sommer gesellig saam kuier ook. Bring jou buurvrou en vriendin ook saam. As jy vrae het kontak vir Nikki. Sien julle daar!


AGS KERK SE BEDIENING BY 3 BRUGGIES!

Lidmate wat graag 'n bydrae wil maak om bogenoemde gemeente se musiekbediening te help vestig, skakel asb met kerkkantoor. Hulle bedien onder andere die plaasarbeiders aan die ooste kant van die kerk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023