09-04-2023 - 15-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Alle gelowiges in ons land en die wêreld: dat gelowiges weer sal opstaan en hulle geloof bely in 'n wêreld waar moraliteit en sonde besig is om die oorhand te kry.
  2. Paastyd, waar gelowiges die grootste gebeurtenis in die geskiedenis herdenk en ons weer tot die besef sal bring, dat Christus waarlik opgestaan het en dit vir ons.
  3. Bybelstudiegroepe: Dat gemeentelede weer sal inskakel en entoesiasties sal wees om U Woord as die weg na U te leer ken.
  4. Laerskole binne ons gemeentegrense: Diepkloof, Van Der Hoven en Hoogekraal. Help ons om hierdie skole geestelik en met middele by te staan. Wees U met ouers en personeel om hulle taak tot U eer te verrig.


DANKIE:

  1. Dat Lydenstyd nog deur die kerk en gelowiges as prioriteit op die kerkkalender beskou word.
  2. Vir die voorbeeld wat U vir ons gestel het, van nederigheid en diensbaarheid.
  3. Vir die meditasiedienste in ons gemeente: U teenwoordigheid was aangevoel.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023