23-04-2023 - 29-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Koor: Ons bid dat Sondagoggend se Paassangdiens ons van U teenwoordigheid bewus sal maak en dat ons deur sang en musiek U genade en liefde sal ervaar.
  2. Gelowiges in die parlement: om onder omstandighede sterk te staan en ook ons standpunt van diens en integriteit sal stel.
  3. Die Vervolgingsgesag: Dat misdadigers aan die man gebring sal word en boet vir hulle dade.
  4. Opposisiepartye: Ons betree 'n tyd van opposisiepolitiek. Mag partye na gemeenskaplike raakpunte soek wat dienslewering, vreedsame naasbestaan en Christenskap sal insluit.


DANKIE:

  1. Vir RSG en die TV wat steeds geestelike programme en musiek uitsaai.
  2. Vir Geestelike musiek wat deel van ons aanbidding is en vir Tinus, die Koor en Musiekbediening vir entoesiasme en begeleiding.
  3. Mense wat hulle Godgegewe talente gebruik om deur die Koor, 'n gewyde atmosfeer te skep en die Paasgebeure vir die gemeente lewend te maak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023