30-04-2023 - 06-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Mense met geestessiektes, vir genesing, maar ook dat U hulle beraders en versorgers sal help om met geduld en liefde hulle werk tot U eer te verrig.
  2. Vryheidsdag: Dankie dat ons in 'n land woon waar ons nog vry is. Ons bid dat ons sal besef dat ons vryheid gepaard gaan met verantwoordelikheid, maar ook die vreugde en dankbaarheid dat ons as gelowiges vry is omdat U vir ons sondes gesterf het.
  3. Die misdadigers en hulle harte vol haat en wraak. U alleen kan 'n verandering in hulle lewe bring. Ons vertrou op U.


DANKIE:

  1. Vir die vredemakers: Matt. 5:9: "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word." Dankie dat ons na U voorbeeld ook vredemakers kan wees in 'n wêreld vol haat en nyd.
  2. Dat U die mens na U beeld geskape het. Ons ervaar om ons: die predikers, geestelike leiers, organiseerders, die met talente van sang en musiek, hulle wat met blomme verfraai en kunswerke skep, die versorgers en hulle wat omgee vir ander, die bidders en almal wat een of ander Godgegewe talent aanwend in U diens. Ons sien U beeld in die mense en eer U daarvoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Erediens - 12 Desember 2021