Aangee...

HANDSKOENE VIR LAERSKOOL DIEPKLOOF

Ons breiprojek het hierdie week gegroei van 20 pare na 60 pare handskoene!
BAIE, BAIE DANKIE! Dankie aan almal wat nog steeds fluks brei, daar is ook gehekelde handskoene ingegee. Ons oogmerk is 180 pare teen middel Mei. Die patrone is beskikbaar by die kerkkantoor.
My raad is...kry wol en brei! (of hekel )
Vir meer inligting kontak Alta.


LEESPROJEK VIR ONS LAERSKOLE

Diens van Barmhartigheid wil graag 'n leesprojek by die drie laerskole in ons area van stapel stuur. Daarvoor het ons heelwat boeke op laerskoolvlak en laer nodig. As daar boeke in jou huis is wat jou kind of kleinkinders al ontgroei het, skenk dit asseblief vir die projek. Die boeke kan in die voorportaal in die mandjie geplaas word of jy kan my kontak.
As 'n kind leer lees, kan hy soveel ander vaardighede baasraak.
Baie dankie by voorbaat.
Marianna Uys


BAIE DANKIE

Baie dankie aan Ruben Barnard wat die week weer sy man met die bossiekapper gestuur het om die kerkterrein te kom netjies maak.
Ons waardeer dit!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023